Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 10:8-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. want al sou ek ook nog meer roem oor ons gesag wat die Here ons gegee het om julle op te bou en nie neer te werp nie, sal ek nie beskaamd uitkom nie —

9. anders sou dit die skyn hê asof ek julle deur die briewe wil bang maak.

10. Want die briewe, sê hulle, is wel gewigtig en kragtig, maar die persoonlike teenwoordigheid is swak en die woord niks werd nie.

11. Laat so iemand bedink dat soos ons met die woord deur briewe in ons afwesigheid is, ons dit ook met die daad in ons aanwesigheid is.

12. Want ons waag dit nie om ons te reken of te vergelyk met sommige van die wat hulleself aanbeveel nie. Maar omdat hulle hul met hulself meet en met hulself vergelyk, is hulle onverstandig.

13. Maar ons sal nie buite die maat roem nie, maar volgens die maat van die werkkring wat God ons as ’n maat toebedeel het om ook julle te bereik.

14. Want ons strek onsself nie te ver uit asof ons julle nie kan bereik nie, want ons het reeds by julle gekom met die evangelie van Christus.

15. Ons roem nie buite die maat in die arbeid van ander nie, maar ons het hoop om, wanneer julle geloof toeneem, in hoër mate onder julle toe te neem volgens ons werkkring,

16. om die evangelie te verkondig in plekke anderkant julle, nie om in die werkkring van ’n ander oor wat tot stand gekom het, te roem nie.

17. Maar wie roem, moet in die Here roem.

18. Want nie hy wat homself aanbeveel, dié is beproef nie, maar hy wat deur die Here aanbeveel word.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 10