Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 10:3-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;

4. want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,

5. terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,

6. en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is.

7. Kyk julle na wat voor oë is? As iemand by homself vertrou dat hy aan Christus behoort, laat hy dit by homself weer oorweeg, dat net soos hy self aan Christus behoort, ons ook so aan Christus behoort;

8. want al sou ek ook nog meer roem oor ons gesag wat die Here ons gegee het om julle op te bou en nie neer te werp nie, sal ek nie beskaamd uitkom nie —

9. anders sou dit die skyn hê asof ek julle deur die briewe wil bang maak.

10. Want die briewe, sê hulle, is wel gewigtig en kragtig, maar die persoonlike teenwoordigheid is swak en die woord niks werd nie.

11. Laat so iemand bedink dat soos ons met die woord deur briewe in ons afwesigheid is, ons dit ook met die daad in ons aanwesigheid is.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 10