Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 10:2-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. ek smeek dan dat as ek teenwoordig is, ek nie moedig hoef te wees met die vertroue waarmee ek meen om dit aan te durf teen sommige wat reken dat ons volgens die vlees wandel nie.

3. Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;

4. want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,

5. terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,

6. en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is.

7. Kyk julle na wat voor oë is? As iemand by homself vertrou dat hy aan Christus behoort, laat hy dit by homself weer oorweeg, dat net soos hy self aan Christus behoort, ons ook so aan Christus behoort;

8. want al sou ek ook nog meer roem oor ons gesag wat die Here ons gegee het om julle op te bou en nie neer te werp nie, sal ek nie beskaamd uitkom nie —

9. anders sou dit die skyn hê asof ek julle deur die briewe wil bang maak.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 10