Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 10:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN ek self, Paulus, bid julle by die sagmoedigheid en vriendelikheid van Christus, ek wat in julle teenwoordigheid wel nederig is onder julle, maar in my afwesigheid moedig teenoor julle —

2. ek smeek dan dat as ek teenwoordig is, ek nie moedig hoef te wees met die vertroue waarmee ek meen om dit aan te durf teen sommige wat reken dat ons volgens die vlees wandel nie.

3. Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;

4. want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,

5. terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,

6. en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 10