Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timótheüs 6:12-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het.

13. Ek gebied jou voor die aangesig van God wat aan alle dinge die lewe gee, en van Christus Jesus wat voor Pontius Pilatus die goeie belydenis betuig het,

14. dat jy die gebod onbevlek, onberispelik bewaar tot by die verskyning van onse Here Jesus Christus

15. wat op sy eie tyd vertoon sal word deur die salige en enigste Heerser, die Koning van die konings en Here van die here,

16. wat alleen onsterflikheid besit en ’n ontoeganklike lig bewoon, wat geen mens gesien het of kan sien nie, aan wie toekom eer en ewige krag. Amen.

17. Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet;

18. dat hulle goed moet doen en ryk wees in goeie werke, vrygewig, mededeelsaam,

19. en vir hulle ’n skat weglê, ’n goeie fondament vir die toekoms, sodat hulle die ewige lewe kan verwerf.

20. o Timótheüs, bewaar jou pand en vermy die onheilige, onsinnige praatjies en teëwerpinge van die valslik sogenaamde kennis,

21. waarvan sommige belydenis gedoen het en, wat die geloof betref, op ’n dwaalweg geraak het. Mag die genade met jou wees! Amen.

Lees volledige hoofstuk 1 Timótheüs 6