Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timótheüs 5:17-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. LAAT die ouderlinge wat goed regeer, dubbele eer waardig geag word, veral die wat arbei in woord en leer.

18. Want die Skrif sê: Jy mag ’n os wat graan dors, nie muilband nie; en: Die arbeider is sy loon werd.

19. Moenie ’n beskuldiging teen ’n ouderling aanneem nie, behalwe op die getuienis van twee of drie.

20. Bestraf die wat sondig, in die teenwoordigheid van almal, sodat ook die ander kan vrees.

21. Ek besweer jou voor God en die Here Jesus Christus en die uitverkore engele dat jy hierdie dinge sonder vooroordeel in ag neem en niks uit partydigheid doen nie.

22. Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein.

23. Moenie langer water alleen drink nie, maar gebruik ’n bietjie wyn ter wille van jou maag en jou herhaalde ongesteldhede.

24. Die sondes van sommige mense is baie duidelik en gaan voor hulle uit tot die oordeel, maar volg ander eers agterna.

25. Net so is ook die goeie werke baie duidelik, en ook die wat anders is, kan nie weggesteek word nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Timótheüs 5