Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timótheüs 3:7-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Maar hy moet ook goeie getuienis hê van die buitestaanders, sodat hy nie in veragting en in die strik van die duiwel val nie.

8. Net so moet die diakens waardig wees, nie uit twee monde spreek nie, nie verslaaf aan wyn nie, geen vuilgewinsoekers nie,

9. manne wat die verborgenheid van die geloof in ’n rein gewete hou.

10. En hulle moet ook eers ’n proeftyd deurmaak; daarna, as hulle onberispelik is, kan hulle dien.

11. Net so moet die vroue waardig wees, geen kwaadspreeksters nie, nugter, betroubaar in alles.

12. Die diakens moet manne van een vrou wees en hulle kinders en eie huis goed regeer.

13. Want die wat goed gedien het, verkry vir hulle ’n eervolle plek en veel vrymoedigheid in die geloof in Christus Jesus.

14. Ek skryf jou hierdie dinge in die hoop om gou na jou te kom.

15. Maar as ek vertoef, dan kan jy weet hoe iemand hom moet gedra in die huis van God, wat die gemeente is van die lewende God, ’n pilaar en grondslag van die waarheid.

16. En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid.

Lees volledige hoofstuk 1 Timótheüs 3