Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timótheüs 2:4-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.

5. Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,

6. wat Homself gegee het as ’n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd,

7. waartoe ek aangestel is as ’n prediker en apostel — ek sê die waarheid in Christus, ek lieg nie — ’n leraar van die heidene in geloof en waarheid.

8. Ek wil dan hê dat die manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis.

9. SO ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie,

10. maar, soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely, met goeie werke.

Lees volledige hoofstuk 1 Timótheüs 2