Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timótheüs 1:1-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. PAULUS, ’n apostel van Jesus Christus, volgens die bevel van God, ons Verlosser, en van die Here Jesus Christus, ons Hoop,

2. aan Timótheüs, my ware kind in die geloof: Genade, barmhartigheid, vrede van God onse Vader en Christus Jesus, onse Here!

3. SOOS ek jou versoek het toe ek na Macedónië op reis was, moet jy in Éfese wag om sekere persone te beveel dat hulle geen ander leer moet leer nie,

4. en hulle nie besig hou met fabels en eindelose geslagsregisters nie, wat net twisvrae bevorder meer as stigting van God wat in die geloof is.

5. Maar die doel van die gebod is liefde uit ’n rein hart en ’n goeie gewete en ’n ongeveinsde geloof

6. waarvan sommige mense afgedwaal en hulle afgewend het na onsinnige praatjies;

7. hulle wil leraars van die wet wees, alhoewel hulle wat hulle sê, of die dinge wat hulle beslis beweer, nie verstaan nie.

8. Maar ons weet dat die wet goed is as iemand dit wettiglik gebruik

9. en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars,

10. hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is,

Lees volledige hoofstuk 1 Timótheüs 1