Ou Testament

Nuwe Testament

1 Thessalonicense 5:8-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid.

9. Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus

10. wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe.

11. Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.

12. MAAR ons vra julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan;

13. en bewys hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle werk. Hou vrede onder mekaar.

14. En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal.

15. Sorg dat niemand ’n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.

16. Wees altyddeur bly.

17. Bid sonder ophou.

18. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.

19. Blus die Gees nie uit nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Thessalonicense 5