Ou Testament

Nuwe Testament

1 Thessalonicense 5:18-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.

19. Blus die Gees nie uit nie.

20. Verag die profesieë nie.

21. Beproef alle dinge; behou die goeie.

22. Onthou julle van elke vorm van kwaad.

23. En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!

24. Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen.

25. Broeders, bid vir ons.

26. Groet die broeders almal met ’n heilige kus.

Lees volledige hoofstuk 1 Thessalonicense 5