Ou Testament

Nuwe Testament

1 Thessalonicense 5:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. MAAR oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie;

2. want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ’n dief in die nag.

3. Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid — dan oorval ’n skielike verderf hulle soos die barensnood ’n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.

4. Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ’n dief sou oorval nie.

5. Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.

6. Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.

7. Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk.

8. Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid.

Lees volledige hoofstuk 1 Thessalonicense 5