Ou Testament

Nuwe Testament

1 Petrus 5:8-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.

9. Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.

10. EN mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons ’n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves!

11. Aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

12. Deur Silvánus, die getroue broeder, soos ek meen, het ek kortliks aan julle geskrywe om julle te vermaan en om te betuig dat dit die ware genade van God is waarin julle staan.

13. Die mede-uitverkorene in Babilon en Markus, my seun, groet julle.

14. Groet mekaar met ’n kus van liefde. Vrede vir julle almal wat in Christus Jesus is! Amen.

Lees volledige hoofstuk 1 Petrus 5