Ou Testament

Nuwe Testament

1 Petrus 4:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. OMDAT Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde,

2. om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te leef nie, maar volgens die wil van God.

3. Want dit is genoeg dat ons die afgelope lewenstyd die wil van die heidene volbring het deur te wandel in ongebondenheid, begeerlikheid, dronkenskap, brasserye, drinkpartye en ongeoorloofde afgoderye.

4. Daarom vind hulle dit vreemd as julle nie saamloop in dieselfde uitgieting van losbandigheid nie, en hulle laster.

5. Hulle sal rekenskap gee aan Hom wat gereed staan om die lewende en die dode te oordeel.

6. Want daarom is ook aan die dode die evangelie verkondig, sodat hulle wel geoordeel kan word na die mens in die vlees, maar lewe na God in die gees.

7. En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.

8. Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal ’n menigte sondes bedek.

Lees volledige hoofstuk 1 Petrus 4