Ou Testament

Nuwe Testament

1 Petrus 1:19-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ’n lam sonder gebrek en vlekkeloos,

20. wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil,

21. julle wat deur Hom glo in God wat Hom uit die dode opgewek en Hom heerlikheid gegee het, sodat julle geloof en hoop op God kan wees.

22. As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ’n rein hart;

23. want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.

24. Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ’n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af,

25. maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is.

Lees volledige hoofstuk 1 Petrus 1