Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 3:9-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. WANT ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.

10. Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ’n bekwame boumeester die fondament gelê, en ’n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou.

11. Want niemand kan ’n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.

12. En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels —

13. elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.

14. As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;

15. as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

16. Weet julle nie dat julle ’n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?

17. As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.

18. Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word;

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 3