Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 3:12-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels —

13. elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.

14. As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;

15. as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

16. Weet julle nie dat julle ’n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?

17. As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.

18. Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word;

19. want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang;

20. en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is.

21. Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle;

22. of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge — alles behoort aan julle;

23. maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 3