Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 3:12-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels —

13. elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.

14. As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;

15. as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

16. Weet julle nie dat julle ’n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?

17. As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 3