Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 16:17-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. En ek verbly my oor die aankoms van Stéfanas en Fortunátus en Acháïcus, omdat hulle my gemis aan julle vergoed het.

18. Want hulle het my gees verkwik en julle s’n ook. Erken sulke manne dan.

19. Die gemeentes van Asië groet julle. Áquila en Priscílla saam met die gemeente wat in hulle huis is, laat vir julle baie groete weet in die Here.

20. Al die broeders groet julle. Groet mekaar met ’n heilige kus.

21. Die groete van Paulus, met my eie hand.

22. As iemand die Here Jesus Christus nie liefhet nie, laat hom ’n vervloeking wees! Maranáta!

23. Die genade van die Here Jesus Christus sy met julle!

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 16