Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 16:12-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Met betrekking tot die broeder Apollos, by hom het ek sterk aangedring om saam met die broeders na julle te gaan; maar hy was heeltemal onwillig om nou te gaan; hy sal egter gaan wanneer die tyd vir hom geleë is.

13. Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.

14. Laat alles by julle in liefde geskied.

15. En ek versoek julle, broeders — julle weet dat die huisgesin van Stéfanas die eersteling van Acháje is en dat hulle hul tot diens van die heiliges gestel het —

16. dat julle ook onderworpe moet wees aan sulke mense en aan elkeen wat saamwerk en arbei.

17. En ek verbly my oor die aankoms van Stéfanas en Fortunátus en Acháïcus, omdat hulle my gemis aan julle vergoed het.

18. Want hulle het my gees verkwik en julle s’n ook. Erken sulke manne dan.

19. Die gemeentes van Asië groet julle. Áquila en Priscílla saam met die gemeente wat in hulle huis is, laat vir julle baie groete weet in die Here.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 16