Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 15:41-51 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

41. Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster.

42. So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid;

43. daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag.

44. ’n Natuurlike liggaam word gesaai, ’n geestelike liggaam word opgewek. Daar is ’n natuurlike liggaam, en daar is ’n geestelike liggaam.

45. So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ’n lewende siel geword; die laaste Adam ’n lewendmakende Gees.

46. Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.

47. Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.

48. Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense.

49. En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.

50. Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

51. Kyk, ek deel julle ’n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 15