Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 15:30-42 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

30. Waarom is ons ook elke uur in gevaar?

31. Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.

32. As ek in Éfese op menslike wyse met wilde diere geveg het, watter voordeel was dit vir my? As die dode nie opgewek word nie, laat ons dan eet en drink, want môre sterf ons!

33. Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes.

34. Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming.

35. Maar iemand sal sê: Hoe word die dode opgewek, en met hoedanige liggaam kom hulle?

36. Dwase mens! Wat jy saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie.

37. En wat jy saai — jy saai nie die liggaam wat sal word nie, maar ’n blote korrel, byvoorbeeld van koring of van iets anders.

38. Maar God gee dit ’n liggaam soos Hy gewil het, en aan elkeen van die saadkorrels sy eie liggaam.

39. Alle vlees is nie dieselfde vlees nie, maar die vlees van mense is anders as die vlees van vee, en dié van visse anders as dié van voëls.

40. En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die hemelse is anders as dié van die aardse.

41. Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster.

42. So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid;

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 15