Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 15:26-34 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

26. Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.

27. Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het.

28. En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.

29. Anders, wat sal hulle doen wat hulle vir die dode laat doop, as die dode geheel en al nie opgewek word nie? Waarom laat hulle hul nog vir die dode doop?

30. Waarom is ons ook elke uur in gevaar?

31. Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.

32. As ek in Éfese op menslike wyse met wilde diere geveg het, watter voordeel was dit vir my? As die dode nie opgewek word nie, laat ons dan eet en drink, want môre sterf ons!

33. Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes.

34. Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 15