Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 15:2-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het.

3. Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte;

4. en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte;

5. en dat Hy aan Céfas verskyn het; daarna aan die twaalf.

6. Daarna het Hy verskyn aan oor die vyfhonderd broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog lewe, maar sommige al ontslaap het.

7. Daarna het Hy verskyn aan Jakobus; daarna aan al die apostels;

8. en laaste van almal het Hy verskyn ook aan my as die ontydig geborene.

9. Want ek is die geringste van die apostels, wat nie werd is om ’n apostel genoem te word nie, omdat ek die gemeente van God vervolg het.

10. Maar deur die genade van God is ek wat ek is, en sy genade aan my was nie tevergeefs nie; maar ek het oorvloediger gearbei as hulle almal; nogtans nie ek nie, maar die genade van God wat met my is.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 15