Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 15:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. BROEDERS, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan,

2. waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het.

3. Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte;

4. en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte;

5. en dat Hy aan Céfas verskyn het; daarna aan die twaalf.

6. Daarna het Hy verskyn aan oor die vyfhonderd broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog lewe, maar sommige al ontslaap het.

7. Daarna het Hy verskyn aan Jakobus; daarna aan al die apostels;

8. en laaste van almal het Hy verskyn ook aan my as die ontydig geborene.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 15