Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 14:28-40 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

28. Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek.

29. Laat twee of drie profete spreek en die ander dit beoordeel.

30. Maar as daar iets geopenbaar is aan ’n ander wat daar sit, laat die eerste swyg.

31. Want julle kan almal een vir een profeteer, sodat almal kan leer en almal bemoedig word.

32. En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe;

33. want God is nie ’n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges.

34. Julle vroue moet in die gemeentes swyg; want dit is hulle nie toegelaat om te spreek nie, maar om onderdanig te wees, soos die wet ook sê.

35. Maar as hulle iets wil leer, laat hulle tuis hul eie mans vra, want dit is lelik vir vroue om in die gemeente te spreek.

36. Of het die woord van God van julle uitgegaan, of het dit tot julle alleen gekom?

37. As iemand meen dat hy ’n profeet of ’n geestelike mens is, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is.

38. Maar as iemand onkundig is, laat hom onkundig bly.

39. Daarom, broeders, beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat daar in tale gespreek word nie.

40. Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 14