Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 14:16-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. Anders, as jy met die gees dank, hoe sal hy wat die plek van ’n onkundige inneem, amen sê op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sê nie?

17. Want jy dank wel goed, maar die ander een word nie gestig nie.

18. Ek dank my God dat ek meer in tale spreek as julle almal;

19. maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook ander te onderrig, as tienduisend woorde in ’n taal.

20. Broeders, moenie kinders wees in die verstand nie, maar wees kinders in die boosheid en wees volwassenes in die verstand.

21. In die wet is geskrywe: Ek sal deur mense van ander tale en deur ander lippe tot hierdie volk spreek, en ook so sal hulle na My nie luister nie, sê die Here.

22. Die tale is dus ’n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die gelowiges.

23. As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in tale spreek en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal hulle nie sê dat julle kranksinnig is nie?

24. Maar as almal profeteer en daar ’n ongelowige of ’n onkundige binnekom, dan word hy deur almal oortuig, deur almal beoordeel;

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 14