Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 12:25-31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

25. sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra.

26. En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.

27. Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.

28. En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.

29. Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie?

30. Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê?

31. Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle ’n nog uitnemender weg.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 12