Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 12:13-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.

14. Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie.

15. As die voet sou sê: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie — behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?

16. En as die oor sou sê: Omdat ek nie die oog is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie — behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?

17. As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees?

18. Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het.

19. As almal een lid was, waar sou die liggaam wees?

20. Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam.

21. En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 12