Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 11:4-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Elke man wat bid of profeteer met iets op sy hoof, doen sy hoof oneer aan;

5. maar elke vrou wat bid of profeteer met onbedekte hoof, doen haar hoof oneer aan; want dit is een en dieselfde asof haar hoof geskeer is.

6. Want as ’n vrou se hoof nie bedek is nie, laat sy dan ook haar hare afsny; maar as dit vir ’n vrou lelik is om haar hare af te sny of te skeer, laat sy haar hoof bedek.

7. Want ’n man moet die hoof nie bedek nie, omdat hy die beeld en heerlikheid van God is; maar die vrou is die heerlikheid van die man.

8. Want die man is nie uit die vrou nie, maar die vrou uit die man.

9. Want die man is ook nie ter wille van die vrou geskape nie, maar die vrou ter wille van die man.

10. Daarom moet die vrou ’n aanduiding van gesag op die hoof hê ter wille van die engele.

11. En tog, in die Here is die man nie sonder die vrou nie, en die vrou ook nie sonder die man nie.

12. Want soos die vrou uit die man is, so is ook die man deur middel van die vrou; maar alles is uit God.

13. Oordeel self: Is dit betaamlik dat ’n vrou met onbedekte hoof tot God bid?

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 11