Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 11:27-34 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

27. Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here.

28. Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink.

29. Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ’n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.

30. Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ’n aantal het ontslaap.

31. Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie.

32. Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie.

33. Daarom, my broeders, as julle saamkom om te eet, wag vir mekaar;

34. en as iemand honger het, laat hom by die huis eet, sodat julle nie tot ’n oordeel saamkom nie. Die ander sake sal ek reël wanneer ek kom.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 11