Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 11:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. WEES my navolgers, soos ek dit ook van Christus is.

2. EN ek prys julle, broeders, dat julle in alles aan my dink en aan die leringe vashou soos ek dit aan julle oorgelewer het.

3. Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.

4. Elke man wat bid of profeteer met iets op sy hoof, doen sy hoof oneer aan;

5. maar elke vrou wat bid of profeteer met onbedekte hoof, doen haar hoof oneer aan; want dit is een en dieselfde asof haar hoof geskeer is.

6. Want as ’n vrou se hoof nie bedek is nie, laat sy dan ook haar hare afsny; maar as dit vir ’n vrou lelik is om haar hare af te sny of te skeer, laat sy haar hoof bedek.

7. Want ’n man moet die hoof nie bedek nie, omdat hy die beeld en heerlikheid van God is; maar die vrou is die heerlikheid van die man.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 11