Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 10:5-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn.

6. En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie.

7. En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel.

8. En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie-en-twintigduisend geval.

9. En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom.

10. En moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, en hulle het deur die verderwer omgekom.

11. Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ’n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.

12. Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.

13. Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ’n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.

14. DAAROM, my geliefdes, vlug vir die afgodediens.

15. Ek spreek soos met verstandige mense; oordeel self wat ek sê:

16. die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?

17. Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood.

18. Let op Israel na die vlees: het die wat die offers eet, nie gemeenskap met die altaar nie?

19. Wat sê ek dan? Dat ’n afgod iets is, of dat ’n afgodsoffer iets is?

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 10