Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 10:22-31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. Of wil ons die ywer van die Here opwek? Is ons miskien sterker as Hy?

23. ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar nie alles stig nie.

24. Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van ’n ander.

25. Eet alles wat in die slaghuis verkoop word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete.

26. Want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan.

27. En as een van die ongelowiges julle nooi en julle is gewillig om te gaan, eet dan alles wat julle voorgesit word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete.

28. Maar as iemand aan julle sê: Dit is afgodsoffer — moet dit dan nie eet nie, ter wille van hom wat dit te kenne gegee het, en ter wille van die gewete — want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan —

29. ek bedoel die gewete, nie van jouself nie, maar van die ander; want waarom word my vryheid geoordeel deur ’n ander se gewete?

30. En as ek iets met danksegging geniet, waarom word ek belaster oor iets waarvoor ek dank?

31. Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 10