Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 10:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. WANT ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het,

2. en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see,

3. en almal dieselfde geestelike spys geëet het,

4. en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ’n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.

5. Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 10