Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 1:9-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse Here.

10. MAAR ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening.

11. Want dit is aan my deur die huisgenote van Chloë bekend gemaak aangaande julle, my broeders, dat daar twiste onder julle is.

12. Ek bedoel dit, dat elkeen van julle sê: Ek is van Paulus, en ek van Apollos, en ek van Céfas, en ek van Christus.

13. Is Christus verdeel? Is Paulus miskien vir julle gekruisig? Of is julle in die naam van Paulus gedoop?

14. Ek dank God dat ek niemand van julle gedoop het nie, behalwe Crispus en Gajus,

15. sodat niemand kan sê dat ek in my naam gedoop het nie.

16. Ek het ook nog die huisgesin van Stéfanas gedoop. Verder weet ek nie of ek iemand anders gedoop het nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 1