Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 1:24-31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

24. maar vir die wat geroep is, Jode sowel as Grieke: Christus, die krag van God en die wysheid van God.

25. Want wat dwaas is by God, is wyser as die mense; en wat swak is by God, is sterker as die mense.

26. Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie;

27. maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam;

28. en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak,

29. sodat geen vlees voor Hom sou roem nie.

30. Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.

31. Daarom, soos geskrywe is: Die wat roem, moet in die Here roem.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 1