Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 1:2-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiliges, saam met almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus in elke plek aanroep, hulle sowel as onse Here:

3. Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

4. Ek dank my God altyd oor julle vir die genade van God wat aan julle in Christus Jesus gegee is,

5. dat julle in alle opsigte in Hom ryk gemaak is, in elke woord en alle kennis;

6. soos die getuienis aangaande Christus bevestig is onder julle,

7. sodat julle in geen enkele genadegawe agterstaan nie, terwyl julle wag op die openbaring van onse Here Jesus Christus,

8. wat julle ook sal bevestig tot die einde toe, om in die dag van onse Here Jesus Christus onberispelik te wees.

9. God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse Here.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 1