Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 1:13-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Is Christus verdeel? Is Paulus miskien vir julle gekruisig? Of is julle in die naam van Paulus gedoop?

14. Ek dank God dat ek niemand van julle gedoop het nie, behalwe Crispus en Gajus,

15. sodat niemand kan sê dat ek in my naam gedoop het nie.

16. Ek het ook nog die huisgesin van Stéfanas gedoop. Verder weet ek nie of ek iemand anders gedoop het nie.

17. WANT Christus het my nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig, nie met wysheid van woorde nie, sodat die kruis van Christus nie verydel mag word nie.

18. Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God;

19. want daar is geskrywe: Ek sal die wysheid van die wyse mense vernietig en die verstand van die verstandige mense tot niet maak.

20. Waar bly die wyse? Waar bly die skrifgeleerde? Waar die redetwister van hierdie eeu? Het God nie die wysheid van hierdie wêreld dwaas gemaak nie?

21. Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red;

22. want die Jode vra ’n teken en die Grieke soek wysheid,

23. maar ons verkondig Christus wat gekruisig is, ’n struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke;

24. maar vir die wat geroep is, Jode sowel as Grieke: Christus, die krag van God en die wysheid van God.

25. Want wat dwaas is by God, is wyser as die mense; en wat swak is by God, is sterker as die mense.

26. Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie;

27. maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam;

28. en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak,

29. sodat geen vlees voor Hom sou roem nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 1