Ou Testament

Nuwe Testament

1 Johannes 3:2-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is.

3. En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is.

4. Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid.

5. En julle weet dat Hy verskyn het om ons sondes weg te neem, en geen sonde is in Hom nie.

6. Elkeen wat in Hom bly, sondig nie. Elkeen wat sondig, het Hom nie gesien en Hom nie geken nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Johannes 3