1. Die Here is koning!Laat die nasies bewe!Hy sit op die gerubs!Laat die hele aarde bewe!
2. Groot is die Here in Sion,hoog verhewe bokant al die volke.
3. Hulle moet u Naam verheerlik;dis groot en ontsagwekkend.Heilig is Hy!
4. U is die magtige koningwat die reg liefhet.U het opregtheid gevestig,en reg en geregtigheid in Jakob.
5. Loof die Here ons God!Aanbid Hom by sy voete,want Hy is heilig!