2. Moenie ’n regsgedingteen u dienaar begin nie,want niemand wat lewe,is voor U onskuldig nie.
3. My vyand agtervolg my,vertrap my teen die grond,hy laat my in duisternis lewesoos dié wat lankal dood is.
4. Ek het moed verloor;ek is stomgeslaan.
5. Ek dink aan die dae, lank gelede.Ek peins oor al u dade,ek oordink die werke van u hande.
6. Ek strek my hande uit na U.Ek dors na U soos ’n verdorde land. Sela
7. Antwoord my tog gou, Here,want ek het moed verloor.Moenie U vir my verberg nie,anders word ek soos dié wat sterf.
8. Laat ek in die oggend hoorvan u onfeilbare liefde,want ek vertrou op U.Wys my die pad waarop ek moet loop,want tot U rig ek my gebed.
9. Bevry my van my vyande, Here,want ek skuil by U.
10. Leer my om u wil te doen,want U is my God.Laat u goeie Gees my leiop ’n pad wat gelyk is.
11. Here, laat my leweter wille van u Naam; lei my uit my nood,want U is regverdig.
12. Vernietig my vyandeooreenkomstig u trou;laat al my teenstanders omkom,want ek is u dienaar.