4. Die winde is u boodskappers,die weerligstrale u dienaars.
5. U vestig die aarde op sy fondamentesodat dit nooit sal bewe nie.
6. Diepwatershet dit soos ’n kleed bedek,water het bo-oor die berge gestaan.
7. U bevel het die water laat wegvlug;u magtige stem het hulle laat vlug.
8. Berge het verrys en valleie het gedaalna die plek wat U bepaal het.
9. U het vir die waters’n perk gestel wat hulle nie mag oortree nie, sodat hullenie die aarde oorspoel nie.
10. U laat fonteine water stort in klowe,wat stroom tussen die berge deur.
11. Daar drink elke dier van die veld,selfs wildedonkies les hulle dors.