Met jou eie oë het jy die verskriklike dinge gesien wat die Here jou God na hulle gestuur het. Onthou die tekens en wonderdade en die geweldige krag wat die Here gebruik het om jou uit Egipte te lei. Hierdie selfde krag sal die Here jou God gebruik teen die volke waarvoor jy bang is.