9. Al die nasies wat deur U gemaak is, sal kom en voor U neerbuig, o יהוה en U volle Karakter en Outoriteit (Naam) loof en eer,Open 15:3
10. want U is groot en doen wonderlike dinge; U alleen is God.
11. Wys my U lewenswyses, ek sal in U waarheid lewe; my verstand, wil en emosie sal bly wees saam met hulle wat U Naam (Karakter en Outoriteit) aanbid.
12. Ek sal U loof en dank met uitgestrekte hande, o יהוה, my God, met my hele verstand, wil en emosie en ek sal U Naam (Karakter en Outoriteit) vir ewig loof, eer en aanbid,
13. want U liefdevolle goedheid is groot teenoor my en U het my lewe uit die dieptes van Sh’ol bevry.
14. O God, die bose het teen my opgestaan en die vergadering van gewelddadige manne soek my lewe en hulle dink nie aan U nie,
15. maar U, o יהוה-God, is vol liefdevolle omgee en onverdiende guns, lankmoedig en oorvloedig in goedheid en waarheid.