8. Bevry U my van al my wetsoortredinge; maak my nie ’n bespotting van die onregverdige nie.
9. Ek is stom, ek sal my mond nie oopmaak nie, want U het dit gedoen.
10. Neem U katshoue van my af weg; ek is neergeslaan deur die houe van U hand.
11. Ek word verteer deur bestraffing as gevolg van my sonde; U dissiplineer ’n man en verwyder sy begeertes soos stoppels; waarlik, elke mens is soos ’n asemteug!
12. Hoor my gebed, o יהוה, luister na my uitroep; moenie stilbly by my trane nie, want ek is ’n besoeker by U en ’n vreemdeling soos al my vaders was.
13. Bevry my sodat ek in vrede kan rus voordat ek heengaan en nie meer is nie.”