76. een bokram as sondoffer
77. en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Pag’i’el, die seun van `Okhran.
78. Op die twaalfde dag het Agira, die seun van `Enan, die leier van die seuns van Náftali ’n offer aangebied.
79. Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer;
80. een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk;
81. een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer;
82. een bokram as sondoffer
83. en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Agira, die seun van `Enan.
84. Dit was die inwydingsoffer vir die altaar vanaf Yisra’el se leiers op die dag toe dit gesalf is: twaalf silwer borde, twaalf silwer komme, twaalf goue panne,
85. elke bord honderd en dertig sikkels silwer en elke kom sewentig; al die silwer van die artikels was twee duisend vier honderd sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek;
86. twaalf goue panne, vol reukwerk; elke pan tien sikkels volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; al die goud van die panne was honderd en twintig sikkels.
87. Al die beeste vir die brandoffer was twaalf bulle; die ramme was twaalf, die lammers in hul eerste jaar twaalf, saam met hulle graanoffer en twaalf bokramme as sondoffer.