Genesis 44:16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)
Y’hudah antwoord: “Wat sal ons vir my meester sê? Wat kan ons sê en waarmee kan ons onsself regverdig? God het die sonde van u diensknegte uitgevind. Let op, ons is my meester se slawe, ons sowel as hy by wie die beker gekry is.”