1. Hierdie is die name van die hoofde van die families en die geslagsregister van hulle wat saam met my opgegaan het vanaf Bavel onder die regering van Artag’shashta, die koning:
2. van die seuns van Pingas: Gershom; van die seuns van Itamar: Dani’el; van die seuns van Dawid: Hattush,
3. van die seuns van Sh’khanyah en die seuns van Par’osh: Z’kharyah en saam met hom is honderd en vyftig mans volgens nageslag gereken;
4. van die seuns van Pagat-Mo’av: Ely’ho`einai, die seun van Z’ragyah en twee honderd mans saam met hom;
5. van die seuns van Sh’khanyah: die seun van Yagazi’el en drie honderd mans saam met hom;
6. van die seuns van `Adin: `Eved, die seun van Yonatan en vyftig mans saam met hom;
7. van die seuns van `Eilam: Yesha’yahu, die seun van `Atalyah en sewentig mans saam met hom;
8. van die seuns van Sh’fatyah: Z’vadyah, die seun van Mikha’el en tagtig mans saam met hom;
9. van die seuns van Yo’av: `Ovadyah, die seun van Yegi’el en twee honderd en agttien mans saam met hom;
10. van die seuns van Shlomit: die seun van Yosifyah en een honderd en sestig mans saam met hom;
11. van die seuns van B’vai: Z’kharyah, die seun van B’vai en agt en twintig mans saam met hom;
12. van die seuns van `Azgad: Yoganan, die seun van HaKatan en een honderd en tien mans saam met hom;