Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 40:4-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Jy moet die tafel inbring en daarop regsit wat daarop hoort. Jy moet ook die lampstaander inbring en sy lampe opsteek.

5. Jy moet ook die goue altaar vir die reukwerk voor die ark van die Getuienis neersit. Jy moet die gordyn van die ingang van die tabernakel ophang.

6. Jy moet ook die brandofferaltaar voor die ingang van die Tent van Ontmoeting neersit

7. en die kom tussen die Tent van Ontmoeting en die altaar neersit en water ingooi.

8. Maak die voorhof rondom en hang die gordyn aan die poort van die voorhof op.

9. Jy moet die salfolie neem en jy moet die tent en alles wat daarin is salf en dit afsonder met alles wat daarby hoort en dit sal afgesonderd wees.

10. Jy moet ook die brandofferaltaar salf met al sy bybehore en jy moet die altaar afsonder en die altaar sal heeltemal afgesonderd wees.

11. Salf die kom en sy voetstuk en sonder dit af.

12. Jy moet ook vir Aharon en sy seuns na die ingang van die Tent van Ontmoeting laat kom en jy moet hulle met water was.

13. Jy moet vir Aharon die afgesonderde klere aantrek en hom salf en afsonder sodat hy My kan dien as priester.

14. Jy moet ook sy seuns laat kom en vir hulle die klede aantrek.

15. Jy moet hulle salf, soos jy hulle vader gesalf het en hulle moet My dien as priesters, want hulle salwing sal vir hulle ’n ewige priesterskap wees, in hulle geslagte.”

16. Dit het Moshe gedoen, volgens alles wat יהוה hom beveel het, net so het hy gedoen.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 40